Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die inwoners is gewoond aan gereelde mynskuddings, omdat dit ‘n myngemeenskap is. Aardbewings is gewoonlik heelwat sterker. 

Op Donderdag 4 Januarie om 07:07 is inwoners wakkergeskrik met ‘n skudding wat 4.3 op die Richterskaal gemeet het. Dit was die vierde aardbewing in die omgewing wat meer as 3 op die Richterskaal gemeet het sedert November. In Desember het die aarde geskud op 11 Desember (3.1) en op 22 Desember (3). Op 17 November is ‘n skudding geregistreer as 4.5.

Volgens earthquakelist.org is Klerksdorp die aardbewingmekka van SA met die drie grootste skuddings die laaste dekade. 

Die aardbewing op 5 Augustus 2015 is die grootste in die land die laaste tien jaar. Hy het 5.4 geregistreer. Klerksdorp het die naasgrootste op 3 April 2017 (5.2) en derde grootste op 15 Junie 2014 (4.9) geregistreer. 

Daar is geen rede vir paniek nie, “want skuddings onder 5 op die Richterskaal veroorsaak nie gewoonlik skade nie”.