Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die beplande ontwikkeling van gedeeltes van die Palmietfonteinplaas buite Doringkruin word nie met ope arms verwelkom nie.

AfriForum se Klerksdorp-tak het in Desember opnuut besware ingedien by die Matlosana Munisipaliteit rakende die beplande ontwikkeling.

Die beswaar is namens inwoners en taklede ingedien en wys onder meer daarop dat indien die beoogde ontwikkeling, wat in die noordooste van Klerksdorp aan Doringkruin grens, voortgesit word, dit moontlik een van die grootste oorblywende kameeldoringwoude in die omgewing kan vernietig. 

 

Volgens Alta Pretorius, distriks-koördineerder: Mooirivier, is AfriForum nie gekant teen ontwikkeling en dorpstigting nie, maar is dit belangrik dat aansoeke om ontwikkeling eers aan alle wetlike aspekte, insluitend ’n behoorlike openbaredeelnameproses, moet voldoen. Volgens AfriForum is aspekte soos die doeltreffendheid van die openbaredeelnameproses, die impak van die beoogde ontwikkeling en die inskakeling van riool- en waterdienste op Klerksdorp se reeds wankelrige stelsel nie na behore oorweeg in die Palmietfontein-ontwikkelingsaansoek nie.

AfriForum se beswaar gaan eerstens oor die bekendmaking van die voorneme om ’n dorp op die plase te stig. “Inwoners van Klerksdorp, en Doringkruin in die besonder, is nie behoorlik in kennis gestel van die voorgenome dorpstigting nie en kennisgewings op die terrein voldoen ook nie aan die vasgestelde voorvereistes nie. Daar is byvoorbeeld kennisgewings aangebring op die grensdrade van die gedeeltes wat aan die pad na die  Matlosana Mall grens. Dié kennisgewings is egter so deur die wind en weer verniel, dat dit nie van die pad af sigbaar of leesbaar is nie. 

“Daarbenewens is die kennisgewings nie toeganklik nie, aangesien voertuie nie op die pad mag stilhou nie. Die plasing van dié kennisgewings beïnvloed uiteindelik die doeltreffendheid van openbare deelname,’’ het AfriForum gesê.

Hulle is ook bekommerd oor die impak wat die voorgestelde ontwikkeling op ’n uiters sensitiewe ekologiese gebied kan hê. Gedeeltes van Palmietfontein is vleiland en vorm deel van ’n belangrike wateropvangsgebied. Water wat hier opgevang word, vloei eers in die Schoonspruit en daarna in die Vaalrivier. “Die voorgestelde konstruksie van ’n hooftoegangspad hier kan lei tot die verlies van vleilandhabitat aangesien padkonstruksie moontlik die natuurlike hidrologie van die vleilande kan verander. Dié veranderinge in watervlakke en vloeipatrone kan ’n negatiewe impak op die vleiland se fauna en flora hê. 

“Voorts is een van die grootste oorblywende kameeldoringwoude in die omgewing ook hier te vinde. Die kameeldoringboom (Acacia erioloba) word onder die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur (107 van 1998) beskerm. Indien ontwikkeling hier voortgaan, sal dit moontlik die kameeldoringwoud vernietig.’’

AfriForum is ook nie oortuig dat die planne om die nuwe dorpsgebied by die bestaande dienstestrukture aan te sluit, haalbaar is nie.
Volgens Pretorius het AfriForum ’n aanlyn petisie teen die huidige Palmietfontein-proses van stapel gestuur. Meer as 500 mense het die petisie onderteken en toon dit duidelik dat inwoners van Klerksdorp die beswaar teen die huidige proses ondersteun.