Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Huis op die Nooitgedacht kleinhoewes is die afgelope naweek in ‘n brand verwoes.

Elize Steyn vertel dat niemand by die huis was toe die brand omstreeks 16:00 op Saterdag 24 Februarie uitbreek nie. “My broer bly baie naby en hy het die rook gesien. Toe jaag ons almal soontoe. Die brand het in die dak uitgebreek en baie vinnig versprei. Daar is niks oor nie. 

 

“Ek bly in La Hoff en toe ek by die huis kom, was alles reeds verwoes. Die brandweer het lank gevat om die brand te blus” sê sy.

Haar ouers bly in die huis en hulle is te emosioneel om met die media te praat. “Niemand is beseer nie en die diere het niks oorgekom nie. Al die sentimentele goed is egter verwoes. Ag alles is weg, ook hul rekenaars. Dit is baie erg,”vertel sy hartseer.

Sy is baie dankbaar vir die hulp uit die gemeenskap en sê die familie beplan om die huis te herbou. “As mense wil help, sal ons sand, sement, teel sement en verf waardeer. Mans- en vroueklere sal ook waardeer word, want alles is verbrand. Toiletware en gordyne is ook dringend nodig.”

Skakel Elize by 082 329 2286 om hulp te verleen.