Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Swaar reënbuie die afgelope week maak dit byna onmoontlik om te bestuur met verskeie paaie in die Klerksdorp-omgewing wat verspoel.

Meer as 200mm reën het sedert Sondagaand 16 Fe-bruarie in die Kosh-gebied uitgesak. Die aanhoudende reën veroorsaak gevaarlike padtoestande met slaggate wat onder reënwater skuil en skade aan motorbande veroorsaak. In sommige woonbuurte het bome ontwortel weens al die water en om sake te vererger, is verskeie riooldreine oorstroom en waterpype wat gebars het, gerapporteer.

 

Die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp het op Dinsdag 18 Februarie op plekke oorstroom en is selfs by tye gesluit. Motoriste word gemaan om versigtig te wees wanneer hulle die pad ry.

In Klerksdorp is die paaie by die Skoonspruit oorstroom.

Reën word vir die hele week voorspel met ‘n sterk moontlikheid van reën (90%) tot Donderdag 20 Februarie. Die temperature sal skaars 20°C haal.

Die naweek behoort warm te wees - tot 30 °C op Saterdag 22 Februarie - met ‘n moontlikheid van donderbuie in die middae.

Dan behoort die aanhoudende reën weer sy verskyning te maak op Maandag 24 Februarie.