Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Plaaslike elektrisiën wat die afgelope sowat ses dekades in die stad werksaam was, is verlede week oorlede.

Fanie Rossouw (86) is op Vrydag 6 September in M-Care in Potchefstroom oorlede. Volgens sy seun, Cobus, was sy pa amptelik ‘n pensioenaris, maar het hy nog gewerk tot sy 77ste verjaardag! 

“Hy het vir Torben’s Electrical gewerk en was baie geliefd onder Klerksdorpers. Mense het vir hom gevra om hul werk te doen. Hy het huise bedraad,” vertel hy.

“Dit was so onverwags. My pa was nog so gesond en sterk. Dit was ‘n groot skok. Hy was ‘n opregte, eerlike en standvastige man. Ons is sewe kinders en hy was baie na aan sy kinders. Ek weet nie hoe  ek sonder hom oor die weg gaan kom nie,” vertel Cobus emosioneel.

Fanie het ook 11 kleinkinders gehad. Sy vrou is 47 jaar gelede oorlede.

Sy begrafnisdiens vind om 11:00 op Vrydag 13 September by die Christelike Vereniging in Roosheuwel plaas.