Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Klerksdorp Skoonmaakaksie is op Donderdae stadig maar seker besig om die stad op te ruim. Motoriste moes al van die werkers gesien het wat vuilgoed optel en strate skoonmaak en hopies swartsakke vol vullis op die sypaadjies los.

Die projek, onder leiding van Joey van der Walt, het in April begin en eerskomende Donderdag 12 September sal hul 21ste aksie wees.

“Ek het gesien hoe mense ‘n sopkombuis bestuur en sop en broodjies gratis aan behoeftiges uitdeel. Toe het ek gedink die mense kan nie net ontvang nie - hulle moet werk vir daardie sop en broodjie,” sê sy.

 


Sy het toe die projek geloods en al wat die vrywillige werkers kry wat Donderdae 10:00 kom werk, is sop en ‘n broodjie en dalk ‘n geskenkpakkie. “Daar is heelwat wat opdaag en geld verwag. Ons kan hulle nie betaal nie. Diegene wat besef dat die sop hul mae volmaak, kom volgende week terug. Hulle sal wil iets hê om huis toe te vat, want al is hul mae vol na die werk is die mense by die huis nog honger. Ons belowe nie ‘n kospakkie nie, maar sal graag een wil gee.”

Daarom hoop sy vir skenkings vir nie-bederfbare kos en ook goed soos gumbootse en handskoene.

Die groep het verlede week by die Matlosana Bird Park gewerk en sal die week weer daar wees. Sowat 21 mans het verlede week kom werk. “Ek maak sowat 40 liter sop en dit is nie net water met bietjie groente nie. Dit is voedsame sop en diegene wat wil werk waardeer dit,” sê sy. 

Skakel Joey by 083 556 9300 as jy belangstel om te werk op Donderdae. 

Donateurs kan bruikbare produkte en toerusting by Batteleur Gastehuis in Andrewsstraat, Wilkoppies aflaai.