Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die kantoor van Re/max Exclusive is nou stil, want Jaco Faurie se “oorgroot’’ persoonlikheid is nie meer daar nie.

Kollegas, vriende en familie verwerk nog die nuus van die “gentle giant’’ se skielike dood. Hy is op Donderdag 28 Maart dood by sy huis aangetref. Dit blyk dat hy weens natuurlike oorsake oorlede is.

Danie Snyders, mede-eienaar van die eiendomsgentskap in die stad, sê dit was ‘n skok, want hy was nie sieklik nie.

 

Jaco (45), assosiaat by die eiendomsgentskap, was bekend in die gemeenskap en baie betrokke by die buurtwagte in Klerksdorp. Danie beskryf hom as ‘n “gentle giant”, en die man met die grootste glimlag. “Hy was die grootste, liefdevolste mens en die kantoor is nou stil. Hy was baie loud. Jy het geweet hy is in die kantoor. Hy wou almal net gelukkig sien,” sê hy.

Jaco is op Kroonstad gebore en het by verskeie eiendomsagentskappe op Viljoenskroon en Schweizer-Reneke gewerk voor hy by Re/max in Klerksdorp aangesluit het.

“Hy was op die bestuur van die Klerksdorp Buurtwagforum en het die forum by die GPF verteenwoordig. Hy was ook baie betrokke by Helpende Hand. Jaco was ‘n persoon wat mense na hom toe aangetrek het. Hy was baie gewild onder vriende. Almal het hom geken. Sy dood is ‘n groot verlies,” sê Lourens Cromhout, voorsitter van die Buurtwagforum.

Jaco was die enigste kind en ongetroud. Sy ouers het by hom gebly.

Sy troosdiens vind om 11:00 op Saterdag 6 April by NG Doringkruin plaas.