Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Sonder om twee keer te dink het Abraham Ramathladi ‘n ma en haar twee kinders deur ‘n venster van hul brandende huis na veiligheid gehelp.

Hy was later self in trane toe hy besef nog ‘n vrou het in die huis gesterf, maar daar was niks wat hy kon doen nie. Die vlamme was te erg.

Sirenes het vroeg Saterdagoggend 24 Mei deur Orkney geloei toe daar alarm gemaak is dat ‘n huis in Bennettstraat aan die brand is. Monique Pretorius wat daar naby bly het haar tuinwerker (Ramathladi) by Galaxy opgelaai en verby gery toe hulle die rook by die huis sien uitborrel.

‘Toe ons verby ry, sien ek ‘n vrou by een van die vensters om hulp roep. Ons het gestop en uitgespring en Abraham het dadelik gehardloop om te help. Hy het die een venster gebreek en toe besef al die vensters het diefwering. Hy het ‘n baksteen gebruik om die diefwering oop te breek en dit terwyl die huis brand!”

Die mense was vasgekeer binne. “Die vlamme was by die agterdeur en daar was baie rook by die voordeur. Abraham het twee dogters uitgetel. Een is sowat ‘n jaar oud en die ander is 7 jaar oud asook hul ma. “Sy was histeries en het ons probeer sê daar is nog ‘n vrou in die huis, maar ons kon nie by haar kom nie. Sy het agter die badkamerdeur gelê en die rook moes haar oorval het. Ons kon haar nie help nie.”

Kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Dorcas Chamere (39) in die brand dood is. Dit is nie seker wat haar verwantskap met die oorlewendes is nie. Die polisie ondersoek die voorval.

Volgens Monique was sy en Abraham albei geskok toe hulle van die toneel weggery het. “Abraham was stil en het gevra of hy maar die dag kan afkry. Hy het later in die tuin gehuil. Dit was baie traumaties vir hom, maar hy is ‘n ware held. Hy het net ‘n paar snytjies op sy hand opgedoen.” 

Nog twee huise op Orkney het daarna gebrand. Albei huise langs mekaar in Cowperstraat. Geen inligting oor die brande is aan Klerksdorp Rekord bekend nie.