Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Record, Klerksdorp - Polisieduikers het die liggaam van ‘n afgetrede mynkaptein uit die JA Neserdam (ook bekend as Klerksdorpdam) gehaal sowat 12 m vanwaar sy boot in die middel van die dam geanker was.

Alle wateraktiwiteit op die dam is gedurende die soektog na die vermiste hengelaar op Saterdag 6 April gestaak. Volgens kol Adele Myburgh, polisiewoordvoer, is die 64-jarige man reeds die vorige aand (22:00) as vermis aangemeld nadat hy nie van sy hengeluitstappie by die dam teruggekeer het nie. “Die boot was op die dam geanker met geen teken van hom nie. Die duikers kon uit die aard van die saak nie dadelik begin soek nie, en het vroeg Saterdagoggend met die soektog in die water begin.’’

 

‘n Liggaam is etlike ure later, kort na 12:00 sowat 12 meter van die boot af op die bodem van die dam gevind. Die polisie het bevestig dat hulle ‘n geregtelike doodsondersoek begin het. Kol Myburgh het bevestig dat ‘n brief op die boot gevind is en die liggaam ‘n tou om sy nek gehad het wat aan ‘n bootbattery vasgemaak is.

Die oorledene is geïdentifiseer as Jacobus Nicholaas Sarel Petrus (Koos) Volschenk.

Klerksdorpers het met skok op sosiale media gereageer toe dit bekend word dat dit Koos is wat in die dam verdrink het. Hy was baie bekend as hengelaar en het veral swartbaars gehengel. Klerksdorp Rekord het verneem dat hy Vrydag 5 April alleen sy boot by Water Paradise in die water gelanseer het. 

Sy vrou, Marie, het geweier om met Klerksdorp Rekord te praat. 

‘n Roudiens vir hom word op Saterdag 13 April om 11:00 in die Herlewingsentrum gehou.