Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Cullinan – Het jy jou wenpampoen al geplant?
Die Goliat van Gat Pampoenfees 2025 wat op 15 Maart by die Pretoria Ou Motorklub op Silverton, plaasvind, is elke jaar ‘n “groot” byeenkoms. Die pitte is gekoop, geplant, gewater en word nou vertroetel in die hoop om die 2025-wenpampoen te kweek. Wat dink jy gaan 2025 se wenpampoen weeg? Gaan die vorige rekord van 890 kg verbeter word? Henri Combrink, organiseerder van die Goliat van Gat Pampoenfees, sê daar heers reeds groot opgewondenheid oor 2025 se kompetisie. 

Die tien grootste pampoene wat vir die kompetisie inskryf, sal pryse wen. Daar is ook ’n spesiale kategorie vir kinders onder 16 jaar, waar die top drie pampoene in die junior afdeling ook prysgeld en erkenning ontvang. Daar sal ook pryse wees vir die mooiste en die lelikste pampoene. 

Vanjaar is daar ook die geleentheid vir ander groente om ‘n wenprys of twee te wen, so bring jou bieliekomkommer of reusetamatie en kom skryf in. 

As jy nie ‘n groenteboer is nie, maar ‘n handige kok, is daar vir jou ook die geleentheid om lekker pryse te wen. Inskrywings is oop vir enige pampoengereg wat jy tuis kan maak – of dit nou pampoenpastei, pampoentertjies, pampoenpoffers of enigiets anders is. 

Daar sal ook allerlei stalletjies wees wat lekker eet- en drinkgoed verkoop. Aansoeke vir stalletjies is nog oop. 

So, of jy nou jou pampoen wil inskryf, ’n stalletjie wil bespreek of net die wonderlike gemeenskap wil beleef, die Goliat van Gat Pampoenfees is die plek om te wees.

Skakel 082 552 9428 of stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. om in te skryf.