Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - AfriForum se Songloed-buurtwag gaan van krag tot krag nadat sekuriteitskameras in die woonbuurt opgerig is.

Misdaad het reeds te danke aan die kameras afgeneem en die sekuriteitsmaatskappy wat dit monitor, kyk waar nog soortgelyke kameras opgerig kan word. Die buurtwag onder leiding van Romke de Jongh het verlede week bepaal hoe hulle as veiligheidsrolspelers in die gemeenskap beter samewerking met die polisie kan bewerkstellig. Action Force wat help om die buurt te beveilig, was saam met die polisie teenwoordig.

Kol René Stimie het die patrolleerders vertel van die Gemeenskap in Blou-inisiatief waardeur daar nog nouer samerwerking tussen die buurtwag en die SAPD sal kan wees en dat hulle die Songloedpatrolleerders in hul geledere verwelkom.

Die buurtwag beplan verder om toe te sien dat elke aktiewe buurtwaglid ’n duidelik weerkaatsende bordjie by hulle huise oprig en om in elke straat ’n ken-mekaar-geleentheid te hou sodat mense hulle bure kan leer ken en kan weet wie hulle in tye van nood kan bystaan. 

“Ek is baie trots op die goeie werk wat hierdie buurtwag doen. Hulle doen beslis goeie werk as die polisie dit ook raaksien en met hulle hande wil vat,” het Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier gesê. 

Om aan te sluit by AfriForum se Songloed-buurtwag in Klerksdorp, skakel vir Henda Jordaan by 082 783 5272.