Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Danie Jacobs

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Grypdiewe wat die gebied by Binnelandse Sake in die Klerksdorpse middestad patrolleer, raak al hoe meer waaghalsiger en is nie bang om mense met messe te dreig en rond te stamp nie.

Slagoffers van misdaad in die omgewing die afgelope week, sê dit voel of hulle aan hul eie lot oorgelaat word as hulle die “oorlogsone’’ betree. Hulle is veral ontnugter oor die feit dat sulke voorvalle helder oordag plaasvind, en in meeste gevalle staan mense net en kyk en van die polisie is daar geen teken nie. Volgens hulle is dit soos om ‘n lam ter slagting gelei te word as jy Binnelandse Sake besoek, “want jy wag maar net om aangeval te word’’.

 

Past Alan Fielding van die Volle Evangelie Kerk op Stilfontein is verlede week aangeval. Hy het net in sy motor geklim toe ‘n mes teen sy keel gedruk is. Hy het Sondag 16 Maart oor die voorval in die kerk gepraat. “It’s just by the grace of God that we did not have my funeral yesterday. It’s inexplicable,” het hy tydens sy preek gesê.

“Die man het my beursie gesoek en ek het gesê dit is sleg dat hy ‘n pastoor beroof. Ek het vir hom gesê ‘Jesus loves you’ en toe gooi hy die beursie terug. Dit is seker omdat daar net R10 in was,” kan hy nog lag oor die voorval. Die aanvaller is met sy selfoon weg.

“Ek was by die polisie maar hulle gee net saaknommers en doen niks aan die feit dat ek aangeval is nie. Ek moes die boks waarin die selfoon was na die polisie vat om ‘n saaknommer te kry. Ek het nie eens teruggegaan nie en kon darem regkom by die versekering, want hulle glo darem nog ‘n pastoor.”

Amanda van Rensburg en haar seun wie nie sy naam genoem wil hê weens professionele redes, is in die straat rondgesleep toe hulle hul teen die rowers teëgesit het. “My seun is aangeval toe hy uit die kar klim. Toe ek uitklim om hom te help is ek in die straat rondgesleep,” vertel sy steeds geskok.

“My seun het geweier om sy foon te oorhandig en Amanda het haar handsak vasgeklou. My handsak is in stukke geskeur, maar ek het net besluit hulle sal hom nie vat nie. Ek het vir hom geskree jy gaan hel toe, maar ek weet nie eens of hulle verstaan nie,” sê sy.

Sy is net so geskok dat van die winkeleienaars hande gevou by hul deure staan en staar, asof dit alledaags is en die vermetelheid van die aanvallers laat haar bloed kook. Sy doen ‘n beroep op die polisie om deurentyd mense by Binnelandse Sake te plaas, want dit is net te gevaarlik daar.

“Niemand help nie. Waarheen gaan jy as jy ‘n ID-kaart moet kry of ‘n paspoort? Dit is al plek. Ons is uitgelewer aan die misdaad daar.”