Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Die polisie vra dat inwoners moet let op drie “huiskopers” wat bejaardes op die dorp besteel het.

In een geval het die drie verdagtes op 21 Mei by ‘n woning in Hennopstraat aangeklop en gesê hulle stel belang om die huis te koop. Volgens die ondersoekbeampte, adj-off Naas Venter, was daar nie ‘n verkoopsbord op om die huis te koop nie.

“Die twee vroue het die bejaarde inwoner gedwing om hulle toe te laat om deur die huis te gaan. ‘n Man het later ingekom en die bejaarde dame geselskap gehou, terwyl een van die vroue die toilet wou gebruik. Dit was die tyd toe die ander vrou juwele uit ‘n kas in die hoofskaapkamer gesteel het.”

Die drie is op vrye voet en die polisie soek na hulle. Skakel Venter by 060 987 8458/018 484 7638 indien jy weet waar hulle hul bevind of hulle herken.