Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Augustus is orgaanskenkingsmaand en vir Maryke Gird is dit ‘n liefdestaak daarom doen sy ‘n beroep op mense om as orgaanskenkers te registreer.

Dié laerskoolonderwyseres van Klerksdorp se reis met orgaanskenking is wel bekend nadat twee van haar kinders in 2007 albei hartoorplantings ondergaan het. Die betaalkanaal M-Net het ‘n dokumentêre televisiereeks oor Melanie en haar kleinboet, Trevor uitgesaai. 

 

 

 

Die broer en suster se verhale het verskillend geëindig en Trevor is nie lank na die operasie nie, oorlede. Melanie het ‘n gesonde en gelukkige lewe en is getroud met Quinten le Roux en hulle het hul eie gesin. Hulle bly nog in Klerksdorp. Dit het skielik verander. Vriende het op sosiale media vir voorbidding gevra nadat sy in die noodeenheid van die Milpark Hospitaal in Johannesburg opgeneem is. Daar word gesê dat haar skenkerhart ingegee het.

Haar ouers wou dit nie aan Klerksdorp Rekord bevestig nie, en het net gesê sy is ernstig siek. Maryke het gevra om eerder die klem op orgaanskenking te plaas.

Vandeesweek het vriende wat deel is van ‘n gebedskring vir die geliefde Melanie, op sosiale media aangekondig dat sy ‘n nuwe hart nodig het. Sy is in die hospitaal aan lewensondersteunende masjiene gekoppel. Ook in die Klerksdorp Herlewingsentrum is daar vir voorbidding vir haar gevra. Melanie word ondersteun deur haar man, ouers, Maryke en Trevor Gird snr, en broers, Christopher en Monty.