Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Eskom gaan sy elektrisiteitstariewe op 1 April verhoog, en Klerksdorpers wat van voorafbetaalde kragkoopopsies gebruik maak, sal sien dat hul huishoudelike gebruik met ongeveer 12,7% sal styg.

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het ‘n elektrisiteitstariefverhoging van 12,74% goedgekeur vir die 2024/25 finansiële jaar in Januarie 2023. Die goedkeuring was op dieselfde tyd as wat verlede jaar se elektrisiteitsprysverhoging van 18,65% goedgekeur is - aansienlik minder as die verhoging van 32,02% waarvoor Eskom gevra het.

Bymekaar getel verteenwoordig die twee prysstygings ‘n 33,8% elektrisiteitstariefverhoging oor twee jaar.

Nersa het gesê hy het inkomste van R318 miljard vir die 2023/24-boekjaar en R352 miljard vir die 2024/25-boekjaar goedgekeur. Eskom het die besluit verwelkom.

Verbruikers wat krag van die Matlosana Munisipaliteit kry, sal eers einde Mei wanneer die 2024/25 begroting ter tafel gelê word, hoor wat die nuwe elektrisiteitstarief vir die stadsraad is.