Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ʼn Maatskaplike werker van Klerksdorp is een van 12 in die land wat deur Solidariteit as “hoopdraers” vereer is.

Nuansa Vogel is op Dinsdag 19 Maart, op Internasionale Maatskaplikewerkersdag, met die Solidariteit Maatskaplikewerkersnetwerk se #Hoopdraer-toekenning vir haar toewyding aan die beroep beloon.

 

Yvette Erasmus, netwerkorganiseerder van die Solidariteit Maatskaplikewerkersnetwerk, sê dit is baie belangrik om erkenning te gee aan diegene wat in die beroep uitstaan.

“Vir maatskaplike werkers is hulle beroep nie bloot ʼn werk nie; dit is ʼn roeping. Om hierdie toewyding te huldig, het die Solidariteit Maatskaplikewerkersnetwerk, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, maatskaplike werkers vir die derde agtereenvolgende jaar met die Hoopdraer-toekenning vereer,” sê Erasmus.

Sy verduidelik hoe die ontvangers van hierdie toekenning aanvanklik deur lede van die publiek genomineer is as mense met ʼn passievolle toewyding aan die bevordering, herstel en verbetering van maatskaplike funksionering in hulle gemeenskappe.

Erasmus beskou maatskaplike werkers as die “stil bouers van hoop” in die samelewing. “Ons beskou dit as ʼn eer om hierdie toekenning aan maatskaplike werkers toe te ken, aangesien hierdie beroepsnetwerk die unieke toewyding en passie wat maatskaplike werkers vir hulle werk toon, opreg waardeer. Selfs te midde van die uitdagings van ʼn swaar werkslading en emosionele uitbranding, bly maatskaplike werkers vasbeslote in hulle strewe om ʼn positiewe impak op die beroep te maak.”

Die Solidariteit Maatskaplikewerkersnetwerk se funksie is ook om die beroep en sy netwerklede met mekaar te verbind, om die beroep te bevorder en ook om as waghond die beroep se belange te beskerm.

Volgens Erasmus het die publiek soms ʼn wanpersepsie van maatskaplike werkers en is dit ook die netwerk se plig om persepsies oor die beroep se status te verander.

“Maatskaplike werkers moet die relevante wetgewing ken om hulle werk te kan verrig en natuurlik word hulle ook emosioneel uitgedaag terwyl hulle probeer om ander se lewens te verbeter. Die onwrikbare roeping wat hulle het om ʼn verskil in die lewens van ander te maak, is iets wat almal se bewondering verdien,” sê Erasmus.

Benewens Nuansa Vogel van Klerksdorp het Suzanne van Deventer en Claudia-Lee Hunter, Solidariteit se twee Pretoria-beroepsnetwerklede en Janetta Uys van Belfast, ook toekennings ontvang.