Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - “Die een oomblik het ons nog gebraai, en die volgende oomblik toe is daai lorrie amper bo op my.’’

Hilton Johannes het Vrydagaand 5 September ‘n noue ontkoming gehad toe ‘n swaar vragmotor deur die tuinmuur bars en in sy voorerf tot stilstand gekom het. “As dit nie vir die kragpaal was wat in die pad was nie, is ek seker die lorrie sou tot in my huis gery het,’’ het Johannes vandeesweek gesê.


Die ongeluk in Wesselstraat, Meiringspark het ongeveer 8:15 gebeur. Klerksdorp Rekord het verneem dat die vragmotorbestuurder in hegtenis geneem is op ‘n klagte van dronkbestuur. Dit kon nie met die polisie bevestig word nie. Bewerings is op die toneel gemaak dat hy onverskillig bestuur het. Drie mense, insluitend ‘n baba, wat in ‘n motor was wat deur die vragmotor getref is, is met beserings na ‘n hospitaal geneem.

Johannes het gesê hy en sy vrou het Vrydagaand saam met ‘n vriend in die agterplaas gebraai toe hy die huis in is. “Ek het naby die voordeur gestaan toe ek die helse geraas hoor. Die lorrie het amper bo-op my gestop. Dit was baie erg. My eenjarige dogtertjie was histeries. Dit was nogal ‘n storie om haar rustig te kry. Sy het gelê en slaap in haar kamer. En ons arme hond het skoon weggehardloop.’’

Van braai was daar verder nie sprake nie, want die ongelukstoneel het heelwat nuuskieriges gelok wat hulp aangebied het. Die buurtwag het ook opgedaag om te help om verkeer te reguleer op die besige pad. 

Op sosiale media het gebruikers geskimp dat ‘n reuse slaggat in die straat die ongeluk veroorsaak het. Dit blyk of water wat van die nabygeleë karwas stroom, die slaggat veroorsaak het, want daar is geen voldoende waterafvoerpyp nie. Dit is onder die munisipaliteit se aandag gebring, het rdl Lourens Cromhout gesê.

Johannes en sy gesin is intussen veilig en die hond is by die diereskuiling opgespoor. Die eienaar van die huis het reeds ‘n skadebepaling gedoen.