Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

deur Salomé Kotzé

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Salmon Vermaak is dalk vroeër die week onskuldig bevind en vrygespreek op aanklag van moord, maar die sielkundige letsels van die amper sewe jaar lange ‘’heksejag’’ teen hom, sal nie uitgewis kan word nie.

Hy beskryf homself as ‘n “gebreekte mens’’. “Ek is verbitter oor wat gebeur het. Vir 34 jaar het ek  my gewig agter reg en geregtigheid gegooi. ‘n Goeie polisieman gewees. Net om in die rug gesteek te word oor ek nie onder eed wou lieg en senior polisielede beskerm nie.’’


Kol Vermaak het op Maandag 9 September saam met genl maj William Mpembe, en vier ander polisielede in die hooggeregshof in Mmabatho gehoor hul hofstryd van ses en ‘n half jaar is uiteindelik verby. Hulle is in 2018 in hegtenis geneem weens ‘n voorval op 13 Augustus 2012 - drie dae voor die Marikana-slagting op 16 Augustus. Tydens die slagting is 34 mense dood in ‘n konfrontasie tussen die polisie en die betogende mynwerkers.

Drie mynwerkers en twee polisielede is dood in die konflik tussen die mynwerkers en die polisie op 13 Augustus. Vermaak, van Klerksdorp, was toe bevelvoerder van die lugvleuel. Hy het in 2015 op grond van mediese redes die polisie verlaat nadat hy die vorige jaar getuienis voor die Farlam-kommissie oor die Marikana-gebeure gelewer het. “Dit het onuithoudbaar in die polisie geword. Ek het in vrees gelewe en is soos ‘n melaatse behandel deur my eie kollegas oor ek die waarheid gepraat het.’’

Vermaak is beskuldig dat hy opdrag gegee het dat polisielede op vlugtende mynwerkers skiet. Hy het dit ontken en daar was geen getuienis in die hof wat die bewering teen hom gestaaf het nie. Hy is ook aangekla van regsverydeling en meineed omdat hy glo in sy getuienis voor die kommisie gejok het. Die hof het Maandag bevind daar is geen bewyse dat hy gejok het nie.

Hy het vandeesweek aan Klerksdorp Rekord gesê hy is verlig die hoofstuk in sy lewe is nou afgesluit. “Dit was ‘n helse swaard wat oor my kop gehang het. Ek gaan sukkel om weer ‘n normale lewe te lei. Ek sou hierdie jaar op pensioen gegaan het. Nou het ek geen vooruitsigte nie. Ek het wel agt jaar terug eintlik afgetree, maar ek kan nie sê dat ek een oomblik daarvan geniet het nie.’’

Vermaak se gesondheid het ook agteruit gegaan. Hy ly nou aan hartversaking nadat hy in 2019 ‘n hartaanval gehad het weens die spanning wat die saak meegebring het. “Ek is dankbaar dis nou verby, maar soveel is in die tyd van my ontneem. Jy weet, my ouers is na hul graf toe met die wete dat hul kind aangekla is van moord.’’

Deesdae hou hy hom besig met los werkies “om besig te bly’’. Sy kleinkinders verskaf hom baie vreugde. “Ek sal nou weer moet leer leef. Ek het gelukkig goeie ondersteuning by die huis en seker die beste regsverteenwoordiger wat ek kon kry. Ek dank God vir Sy krag wat my in die tyd gedra het."

Kobus Burger het names Vermaak opgetree.