Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die munisipaliteit se finansiële hoof is weer in die spervuur oor betalings aan ‘n kontrakteur wat paraffien verskaf en aflewer.

Die DA se Johannes le Grange het op Maandag 9 September ‘n klagte van bedrog en korrupsie teen Mercy Phetla by die Valke gelê. Volgens rdl Le Grange is dit weer oor betalings aan dieselfde maatskappy waarvoor sy van korrupsie aangekla is. 

 

 

Phetla het op 17 Maart saam met twee werknemers van GMHM Construction and Projects in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie oor ‘n skenking van ‘n Volkswagen Amarok. ‘n Paar maande later, op 19 Augustus was sy in die hof oor beweerde onreëlmatige betalings wat aan Variegated Pty Ltd gemaak is ten bedrae van R2,9 miljoen.

“Dit is duidelik dat die ANC haar beskerm. In Junie het die ANC-geleide raad Mkiva as ‘n onafhanklike ondersoeker aangestel om die Variegated Pty Ltd-transaksie te ondersoek. “Hierdie verslag vrywaar haar egter van enige oortreding ten spyte van die Valke en Nasionale Vervolgingsgesag se verdoemende ondersoeke.”

Le Grange het bygevoeg dat dit nou aan die lig gekom het dat sy onreëlmatige betalings aan GMHM Construction and Projects uitgereik het. Hy het verwys na ‘n aankoop rekwisisie vir die verskaffing en aflewering van paraffien ten bedrae van R6 192 598.40.