Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Salomé Kotzé

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die pasgebore baba wat verlede week in Neserhof gevind is, is met haar ma herenig.

Klerksdorp Rekord het betroubaar verneem die ma word vir nageboorte depressie behandel en die kans bestaan dat sy wel haar kind vir aanneming gaan opgee. Daar is aan Klerksdorp Rekord op voorwaarde van anonimiteit vertel dat sy nie geweet het sy is swanger nie en toe met erge maagpyn na die staatshospitaal in Potchefstroom is waar sy geboorte geskenk het aan ‘n dogtertjie. Nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, het sy met die baba na haar ouerhuis in Klerksdorp gegaan.


Douvoordag op Donderdagoggend 12 September het sy met die baba in haar arms deur Neserhof se strate gestap. Onseker en bang het sy toe iemand van die buurtwag by haar stop, gesê sy het die baba onder ‘n boom opgetel. 

Die dogtertjie was warm toegedraai in ‘n kombersie en in blou kleertjies aangetrek. Sy het ‘n paar doeke en melk by haar gehad.

Die polisie het die baba na Klerksdorp Hospitaal geneem waar sy gesond verklaar is. Kort daarna het Klerksdorp Rekord daaroor op sosiale media berig en is die plasing meer as 690 keer gedeel met meer as 350 000 mense wat dit gesien het. Verskeie mense het aangebied om die baba aan te neem en terwyl sommige die ma veroordeel het, was ander weer simpatiek teenoor haar.

Klerksdorp Rekord het verneem die ma is daardie selfde middag na die hospitaal waar sy aan die maatskaplike werker gebieg het dat dit haar baba is, en dat sy hulp nodig het. “Die baba gaan waarskynlik vir aanneming opgegee word. Sy ly aan post-partum depressie en kry behandeling. Dit gaan goed met die babatjie,’’ het Klerksdorp Rekord se bron gesê.

Die baba het die hele gemeenskap se harte aangeraak en tot in regeringskringe gedraai met LUR Susan Dantjie en LUR Kenetswe Mosegnogi wat die baba saam met Klerksdorp se uitvoerende burgemeester, Fikile Mahlophe besoek het. Hulle het bababenodighede saamgeneem. 

Dantjie van die departement vir sosiale ontwikkeling het swanger vroue wat onverhoeds betrap is aangemoedig om by maatskaplike werkers aan te klop en eerder aanneming te oorweeg as om hulle “weg te gooi’’.