Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die man wat van moord aangekla word na die bakleiery voor ‘n kroeg in Doringkruin verlede jaar, het vandeesweek weer vlugtig in die hof verskyn.

Wernich Botha (33) se borgtog is verleng en die saak is vir byna vier maande, tot Mei vanjaar, vir verdere ondersoek uitgestel. Hy was vergesel van familie en vriende tydens sy verskyning in die landdroshof op Maandag 15 Januarie.

Sy voormalige vriendin, Natasha Fisher oor wie die bakleiery na bewering gegaan het, was ook in die publieke gallery. Pretorius het in die hospitaal beswyk drie weke na die bakleiery. Botha is toe van moord aangekla. 

Hy staan nog ‘n klagte van poging tot moord in die gesig, nadat ‘n Klerksdorpse sakeman, PW Roos, wat ook uitgeslaan is, ‘n klagte teen hom gelê het.

Botha se borgtog van R2 000 is onveranderd op voorwaarde dat hy nie met enige staatsgetuies inmeng nie. Familielede en ondersteuners van wyle Pretorius het ook vandeesweek se hofverrigtinge bygewoon.