Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

10 Oktober 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Inwoners van Dawkinsville slaap nou rustiger nadat ‘n inwoner van die woonbuurt wat glo gereeld amok gemaak het in sy wit Mercedes Benz, in hegtenis geneem is.

Clinton Neil Marnewick (40) slaap nou al ‘n ruk in die selle nadat hy op ‘n klagte van roekelose- en nalatige bestuur in die Klerksdorpse landdroshof verskyn het. Hy het na bewering op 22 September in ‘n groep voetgangers ingejaag wat naby die kafee in Dawkinsville rondgestaan het. Een van die voetgangers is hospitaal toe geneem.

Klerksdorp Rekord het ‘n video van die voorval op ons Facebook-blad geplaas en verskeie Dawkinsvillers het daarop aangedring dat die bestuurder van die voertuig ‘n gevaar is vir inwoners van die buurt.

“Ons het die polisie al ‘n klomp keer gekontak oor die man so gevaarlik bestuur hier in ons straat, maar hulle het net mooi niks gedoen nie. Hy spin en jaag altyd hier op en af in die straat. Hy het regtig moeilikheid gesoek en is altyd onder die prop. Ons is bly die polisie het uiteindelik opgetree,’’ het een van die inwoners gesê nadat dit bekend geword het dat hy agter tralies is.

Marnewick het sigbare beserings in die ongeluk opgedoen en het op 1 Oktober met ‘n opgeswelde gesig in die hof verskyn. Die saak is tot 8 November uitgestel vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding.