Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit is ‘n jaar later en die familie van Claude Butler is steeds in sak en as oor die dood van hul geliefde.

Hulle eis geregtigheid omdat die man nog nie aangekla is wat hulle glo Boela, soos hy bekend was, se dood veroorsaak het nie. Boela is op 30 September verlede jaar in die vroeë oggendure in Buffelsdoornweg dood nadat hy met sy motorfiets agter in ‘n bakkie vasgery het. Hy was 25 jaar oud met sy dood. Die bestuurder van die bakkie het glo voor die aankomende motorfiets ingedraai. 


Sy ma, Ansa Williams, het aan Klerksdorp Rekord gesê dit breek haar om te sien dat die man wat die bakkie bestuur het, nog nie boete gedoen het vir sy dade nie. “Dit is een jaar en twee dae later en die man wat die bakkie bestuur het, loop nog rond. Ons weet wie hy is. Die polisie ook, maar die saak is nog hangend.” 

“Dit was ‘n verskriklike jaar en die familie is gebreek. Ons kan nie meer nie. Ek weet nie wat is die oponthoud nie, want ons het die bloeduitslae al lankal. Ek mag nie sê wat die uitslae is nie. Ons is baie kwaad en was by ‘n prokureur. Ons soek geregtigheid vir Boela. Die bestuurder moet boet vir sy dade,” vertel sy. 

Die familie wil die bestuurder van die bakkie se identiteit bekendmaak, maar hy het nog nie in hof verskyn nie en daarom kan Klerksdorp Rekord nie sy naam noem nie. Volgens kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, is niemand nog aangekla nie. “’n Saak van strafbare mansslag word ondersoek. Daar is gewag vir bloeduitslae en dit is nou gekry. Die dossier is na die staatsaanklaer verwys om te besluit of iemand wel aangekla gaan word. Mense kan nie net gearresteer word as daar nie genoeg bewyse is nie, daarom moet dit eers ondersoek word,’’ het Myburgh gesê.

Boela se familie en die motorfietsklub waarvan hy lid was, Speed Freaks, hou ‘n gedenkdiens om 11:00 op Saterdag 5 Oktober. Dit sal by sy graf plaasvind. ‘n Kranslegging sal ook plaasvind. “Ons hou dit by die graf, want dit sal te moeilik vir my wees om dit op die toneel te hou waar hy dood is,” sê sy ma.