Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die toetse om oud-mynwerkers en hul begunstigdes toegang te gee tot vergoeding vir beroepslongsiektes en ander toelaes vind deurgaans plaas by Westvaal Hospitaal op Orkney. 

Volgens die projekkoördineerder, Tsietsi Letsedi, het hierdie projek twee en ‘n half jaar gelede begin en tot dusver is 128 000 oudmynwerkers en hul gesinne reeds geassesseer.

 

“Ons skatting is dat 148 000 oud-mynwerkers nog geassesseer moet word. Dit is vir alle oud-mynwerkers; van alle myne,” het hy gesê. 
Hierdie projek het nog vier en ‘n half jaar om te gaan.

“Ons toets vir silikose, asbestose en tuberkulose. Ons benodig bewys van indiensneming. As ‘n mynwerker reeds oorlede is, kan die gesin steeds eis. Hulle benodig egter bewyse van indiensneming soos ’n ID-nommer, bankbesonderhede of enige ander bewys van diens.” 

Die projek word bestuur deur die Departement van Gesondheid en die distriksraad, met die hulp van vakbonde en oud-mynwerkersrade. 

Hy doen ‘n beroep op oudmynwerkers om na die hospitaal te kom en diegene wat daar was om ander te vertel, aangesien dit tot hul voordeel sal wees.