Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - ‘n Trop ape wat baljaar in ‘n deel van Lourenspark naby aan die Vaalrivier, is besig om inwoners grys hare te gee.

Klagtes wat Klerksdorp Rekord ontvang het, sluit in skade aan tuinornamente en stoepmeubels, bevuiling van die tuin, en ‘n geplunder van vrugtebome en groentetuine. Wat vir Christine Scheepers in Watermeyerstraat verder die harnas in jaag is dat mense die ape voer wat hulle al verder in die woonbuurt lok. Troeteldiere word ook geteister, sê sy.

 

 

 

 


“Dit is ‘n gemors as hulle eers deur jou tuin is. Hulle bevuil die stoep, eet troeteldiere se kos en skrik glad nie vir ‘n mens nie. So jy kan maar skrikmaak soos jy wil, niks werk nie. Ek is bang hulle byt ons as hulle bedreig voel. Ons kan amper glad nie meer bedags in ons tuin nie. Die hele Lourenspark het hul speelpark geword, want dit is baie boomryk hier by ons. Ek is raadop en weet nie meer wat om te doen om die ape te verdryf nie,’’ sê sy.

Volgens Monkey Helpline, ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat ‘n 24-uur noodlyn bied, is blou-ape nie aggressief nie en sal baie eerder vlug as aanval, behalwe as hulle vasgekeer voel.

Monkey Helpline sê as ‘n aap in jou huis of voertuig vasgekeer is, moet jy padgee en die aap toelaat om te ontsnap. Moenie jou rug op die aap draai, weghardloop of gil nie. Beweeg stadig agteruit sonder om die aap direk in die oë te kyk. 

Blou-ape dreig mekaar deur te staar. Leer jou honde om nie die ape aan te val nie - die hond kan baie ernstig beseer word.

Nog raad is om die ape met jou tuinslang te spuit; hulle haat dit. Jy kan hulle ook met ‘n waterpistool of spuitbottel spuit. Ape is baie bang vir slange, so dit is raadsaam om ‘n speelgoed-slang aan te skaf. Maak ‘n toutjie aan die slang vas om hom te laat ‘beweeg’. ‘n Slang wat lank stillê flous die ape glad nie. Blou-ape is glo ook banger vir mans as vir vrouens.

Volgens die kenners kan ape van groente en vrugte weggehou word deur ‘n vloeistof wat kinien, rissies of troeteldierafweerder bevat, aan te spuit. Droë kerrie, rissies of tabakpoeier kan in beddings gestrooi word. Sprinkel Jeyes Fluid binne-in en rondom asbliksakke om die ape uit te hou.

Blou-ape bly gewoonlik in troppe van 20 tot 30 lede. 

Skakel Monkey Helpline by 082 659 4711 of 082 411 5444. Hulle is gebaseer in KZN.