Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Vryheidsfront Plus-raadslede in die Matlosana Munisipaliteit het kapsie gemaak teen die aankoop van ‘n luukse motor vir die omstrede ANC-hoofsweep, Kahya Ndincede.

Die ANC meerderheid in die stadsraad het die aankoop van die voertuig van R620 000 op Vrydag 19 Julie goedgekeur. 

 

Rdl Annica Holtzhausen van die VF Plus het gesê die aankoop van die voertuig sal onreelmatig wees en het by die speaker, Stella Mondlane-Ngwenya daarop aangedring om die raadsbesluit te hersien.

Volgens haar is daar proseduriële tekortkominge in die goedkeuringsproses. 

“Werkspanne in tegniese dienste en ander diensleweringsafdelings van die munisipaliteit word ook reeds vir jare gekniehalter deur ʼn gebrek aan voertuie. 

“‘n Groot deel van die munisipale voertuigvloot is lank reeds ondiensbaar,’’ het sy gesê.

Ndincede was voorheen in die nuus oor die beweerde misbruik van ‘n munisipale kredietkaart vir brandstofaankope.

Die ondersoek hierna sloer nou al nege maande.