‘n Brand wat Maandagmiddag 22 Julie in Klerksdorp uitgebreek het, het gevaarlik naby aan huise en besighede in Chris Hanistraat gekom. Motorafdakke by die New Bridge kampus (voorheen Centurion) het in die slag gebly en skoolkinders van die Methodist School was in trane oor die digte rook en vlamme aan hul grens. Matlosana Brandweer het gespook om die brand op die kleinhoewes te blus weens ‘n lastige wind en het hulp ingeroep van buurtwagte wat hul bygestaan het met hul brandbestryders. Geen noemenswaardige skade is aangerig deur die vlamme nie.
Vlamme bedreig huise, besighede
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode