Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Direkteur van Openbare Vervolging het besluit dat Wernich Botha steeds verhoor sal word op klagtes van moord en poging tot moord.
Botha word van moord op Hilton Pretorius en poging tot moord op PW Roos aangekla.
Daar is verlede week bespiegel dat die klagtes moontlik kan verander nadat die staatsaanklaer haar aan die saak onttrek het. Die verhoor is uitgestel tot 7-9 Mei.
Dit spruit uit ‘n bakleiery in die parkeerterrein van die Doringkruin Spar-kompleks waar Pretorius dood is, en Roos bewusteloos geslaan is na een hou. Dit het in September 2023 gebeur. ‘n Selfoonvideo van die onderonsie is destyds wyd en syd versprei.
Botha het vroeër aangedui dat hy skuld op die klagtes gaan ontken.
NVG sê dit bly moord
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode