Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag na die dood van Herman Roodt verlede week in ‘n botsing met ‘n vragmotor.

Die nuus van die botsing op die N12 buite die stad Vrydagoggend 12 April het soos ‘n veldbrand versprei. Veral toe dit bekend geword het dat Roodt betrokke was. 

Klerksdorp Rekord het betroubaar van verskeie bronne verneem dat hy daardie oggend in die landdroshof sou verskyn op verskeie klagtes van bedrog en diefstal.

 

 

Roodt was volgens ‘n internetsoektog direkteur van ‘n regsfirma en het hom as ‘n bemiddelaar in arbeidsake voorgestel. Klerksdorp Rekord het verneem dat hy hom glo ook as ‘n prokureur voorgedoen het, al het hy nie die kwalifikasies daarvoor gehad nie. 

Hy het al verskeie kere in die verlede met die gereg gebots en het tronkstraf vir bedrog uitgedien. Nadat hy vrygelaat is, het hy oënskynlik ‘n nuwe blaadjie omgeslaan. Dit het hom egter nie gekeer om weer by skelmstreke betrokke te raak nie. Klerksdorp Rekord het verneem die jongste ondersoek waarby hy betrek is, hou verband met voorvalle tussen 2021 en 2023.

Verskeie slagoffers het die week met Klerksdorp Rekord gepraat om seker te maak hy het nie sy dood versin nie. “Hy skuld my seker R60 000 en ek staan nou die gevaar om my huis te verloor aangesien hy nie die boedel drie jaar gelede aangemeld het nie. Ek weet nie wat staan my nou te doen nie,’’ het ene Karen gesê. 

Nog ‘n dame wat nie haar naam wou noem nie, het gebel en gevra hoe gaan hulle (die polisie) seker wees dit is wel Herman wat dood is in die botsing.

Kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die liggaam positief uitgeken is as Herman Roodt.

Die dubbelkajuit bakkie wat hy bestuur het, het reg van voor teen ‘n vragmotor gebots. Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.

Roodt word oorleef deur sy vrou, drie kinders, en ‘n bejaarde pa. ‘n Roudiens vir hom word op Donderdag 18 April in Klerksdorp gehou. Familie en vriende het hom in huldeblyke op sosiale media beskryf as ‘n goeie man, pa en seun.