Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Een van die mans wat verlede week by ‘n rooi verkeerslig gewag het om te ry, se nek is gebreek toe ‘n nutsvoertuig tromp-op in hul vasjaag.

Die botsing het op Vrydagoggend 1 Maart by die kruising van Ian- en Chris Hanistraat gebeur. Toe Klerksdorp Rekord op die toneel kom, het paramedici reeds begin met noodbehandeling op die 73-jarige Willem Coetzee van Vierfontein. Hy en sy seun was onderweg huis toe vir die naweek vanaf Rustenburg waar hulle in die konstruksiebedryf werk.

 

Willem jr wat agter die stuurwiel van die motor was, sê sy pa se toestand is kritiek. Hy is in die intensiewe sorgeenheid van Tshepong Hospitaal. “Hy word verdoof, want enige beweging kan veroorsaak dat die gebreekte nekwerwels sy rugwerwel sny en dan sal hy verlam wees. Verdere komplikasies het boonop ingetree en hy is aan ‘n ventilator gekoppel. Sy hart is glad nie lekker nie, ek is baie bekommerd. Sy hart het gaan staan in die ambulans en ons vrees vir die ergste."

Volgens Willem het hulle by die verkeerslig gewag in die baan wat na Orkney se kant toe draai. “’n Vragmotor het in ons rigting gedraai en ek het teruggestoot, want mens is mos maar altyd bang hy hak jou. Uit die hoek van my oog het ek die wit voertuig gesien wat op ons afpyl en voor ek nog iets kon doen, toe is sy in ons vas. Die robot was groen vir haar, maar sy moes te vinnig gery en beheer verloor het, want toe is sy reguit in ons vas."

Dit was ‘n groot skok en die eerste keer in albei se lewe dat hulle in ‘n motorongeluk betrokke is. “Daar op die toneel het my pa my klaar gegroet, en gesê hy is klaar, hy gaan na my ma toe. Die pyn was ondraaglik. Hy is ‘n sterk man wat nog aktief is en werk. Nou weet ek nie wat gaan gebeur nie."

Teen Woensdag 6 Maart was Willem sr se toestand nog onveranderd.