Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Fratsongeluk kan in ‘n oogwink plaasvind. Charmain en Willie Hurn het dit agtergekom toe hul geyser ontplof en die kokende warm water oor Willie gespat het.

Charmain was op Maandag 4 Maart in hul sitkamer toe Willie (53) in hul huis se die dak klim om te kyk hoekom water deur die dak drup. Dit was nie lank nie toe hoor sy ‘n harde slag en Willie wat gil van pyn. 

“Hy het om hulp geroep en ek kon die pyn en skok in sy stem hoor. Die geyser het gebars en al daai kokende water het oor hom gespat. Hy het gebrand tot by sy lieste en sy een hand het ook gebrand soos hy probeer keer het. Dit is sekerlik derdegraadse brandwonde. Toe moes ons hom nog uit die dak kry en die leer breek toe ook nog. Die duiwel was listig by my,” vertel sy ‘n dag na die voorval aan Klerksdorp Rekord.

 

“Ons het hom uitgekry en hy was so wit soos ‘n laken en in vreeslike pyn. Daar was nie tyd om te wag vir ‘n ambulans nie, toe jaag ek met hom Tshepong toe.” Charmain het 13 jaar laas bestuur, nadat sy ernstig beseer is in ‘n motorongeluk, maar sy het net in die kar geklim en gejaag. 

Willie is in die hospitaal se brandeenheid opgeneem en sy is vol lof oor die behandeling wat hy daar kry. “Ons is onmiddellik gehelp by Tshepong se ongevalle. My man is narkose gegee en sy wonde is geskraap,” vertel sy. 

Sy kan nie genoeg dankie sê vir al die oproepe en hulp wat sy ontvang nie. 

“Ons het alles wat ons nodig het. Ek vra net vir opregte gebed vir my man se herstel,” sê sy. “Verder is ons okay. Daar wag ‘n lang pad na herstel, maar hy lewe. Dis wat belangrik is.”