Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Hartbeesfontein - Inwoners van Hartbeesfontein het met skok gereageer nadat twee Somaliërs wat ‘n wegneemeetplek op die dorp bedryf, Maandagaand 4 Maart betrap is dat hulle besig was om ‘n bees in die winkel te slag. 

Lede van die buurtwag het net na 20:00 daarvan te hore gekom en ‘n stokkie daarvoor gesteek. Die polisie is ook na die toneel ontbied. Die karkas is toe na ‘n perseel in Tigane geneem waar dit verder geslag en verwerk is. Die dier is glo vroeër die dag by ‘n plaaslike boer gekoop.

Klerksdorp Rekord het verneem dat die eienaar van die gebou die buitelanders opdrag gegee het om die winkel te sluit. Zambezi Take Aways het egter teen Woensdag 6 Maart steeds handel gedryf.

‘n Gesondheidsinspekteur het aan Klerksdorp Rekord gesê diere mag slegs vir kulturele gebruike by ‘n huis of gebou buiten ‘n abattoir geslag word en daarvoor moet eers toestemming by gesondheidsowerhede gekry word.

Klerksdorp Rekord het navraag gerig aan die dr KK-distriksmunisipaliteit se gesondheidsdienste oor die voorval, maar is na die kommunikasiebeampte verwys.

Teen druktyd is geen terugvoering ontvang nie.