Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Diefstalsindikaat wat doenig is in Flimieda en Wilkeville slaan kort-kort toe op elektriese substasies wat dan veroorsaak dat die buurte telkens vir ure sonder krag is.

Rdl Jacky Basson van die DA sê sy is al raad op en doen alles in haar vermoë om die inwoners van wyk 16 te help. “Dit is ‘n krisis, want die hersteltyd van ‘n gevandaliseerde substasie neem tussen ses en sewe uur en voor herstelwerk kan plaasvind, moet elektrisiëns eers die probleem identifiseer. Elektrisiëns begin ook eers om 08:00 werk. So as ‘n substasie snags gevandaliseer word, kan inwoners tot 12 uur lank sonder krag wees,” sê sy.

Die laaste geval het op 29 Februarie in beurtkragtyd plaasgevind en die buurte was lank sonder elektrisiteit.

Wat haar egter bekommerd maak is dat dit blyk of die misdadigers toegang het tot ‘n spesiale sleutel wat net veronderstel is om aan gemagtigde personeel beskikbaar te wees. “Hierdie sindikaat is goed georganiseer en gebruik elke keer dieselfde taktiek. Misdadigers gebruik die agterste ingang van die substasie en sluit dit dan oop met die spesiale sleutel. Vyf substasies is die afgelope twee maande op hierdie wyse gevandaliseer. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Volgens rdl Basson het die DA met die buurtwag gepraat en verskerp hulle patrollies in die omgewing van die substasies en word die gras ook meer gereeld daar gesny om sigbaarheid te verbeter. 

Sy het reeds in ‘n brief aan die munisipale bestuurder gevra dat die slotte van die substasies vervang word en dat strenger beheer toegepas word oor amptenare wat toegang tot die gespesialiseerde sleutels het. “Dit kan nie so aangaan nie. So lank as wat daar beurtkrag toegepas word, is dit makliker vir misdadigers om hul misdade uit te voer."

* Klerksdorp Rekord het ‘n navraag aan die munisipaliteit gestuur.