Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die DA in Matlosana het ‘n petisie geloods om inwoners te kry om druk op die munisipaliteit te plaas sodat ‘n volskaalse oudit van die stad se paaie gedoen kan word.

Rdl Jacky Basson het verlede week gesê die behoefte is groot om beskadigde paaie reg te maak, instandhouding te doen en in sommige plekke op te gradeer. 

Sy het gesê dat munisipale amptenare tydens die burgemeesters Imbizo in Klerksdorp gesê het paaie word nie geprioritiseer nie, “omdat dit nie inkomste genereer nie”.

 

 

 

 

 


“Ander begrotingskwessies is dus belangriker. Hulle dring daarop aan dat fondse eers verkry moet word voordat padherstelwerk kan begin. Dit is ‘n duidelike aanduiding van swak bestuur, en die munisipaliteit se gebrek aan aanspreeklikheid teenoor sy inwoners.

“Ons paaie is ‘n fundamentele openbare diens, ‘n noodsaaklikheid vir veilige vervoer, en ‘n sleutel tot ekonomiese aktiwiteite. Die gevolg van die munisipaliteit se weiering om hierdie kritieke infrastruktuur te prioritiseer, is die enigste rede waarom die plaaslike paaie nou soos ‘n hindernisbaan lyk, wat lewens in gevaar stel en voertuie beskadig.”

Die reënseisoen wat vinnig nader kom, vereis nou vinnige optrede vir padherstelwerk om verdere agteruitgang te voorkom. 

Die petisie is kort op die hakke van rdl Gerhard Strydom se beroep op die munisipaliteit om stormwater dreine skoon te maak, voordat groot reën val en nog verdere skade aanrig.

Die petisie oor paaie is beskikbaar deur ‘n DA-inligtingstafel te besoek of enige DA-raadslid te skakel.