Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Greeff-gesin van die plaas Brakspruit buite die stad het met slegs die klere aan hul lywe uit hul brandende huis ontsnap.

Volgens André het almal in die huis geslaap toe die brand Dinsdagaand sowat 23:00 uitbreek. “Ek het wakkergeskrik, want ek het iets hoor val. Toe ek uit die kamer kom, was dit net vlamme. Ek en my vrou het die kinders wakker geskree en ons kon net betyds uit die huis uit. 

“Ek is die enigste een met beserings - ek het steke op my hande en arms, want ek het die vensters stukkend geslaan. Verder is almal okay,” het hy die oggend na die brand aan Klerksdorp Rekord gesê.

André is ‘n bestuurslid van die Matlosana Brandbestrydingsvereniging (MBV) en staan altyd gereed om te help as veldbrande uitbreek en nou is dit sy gesin wat in die nood is. Daarom het MBV dadelik ‘n fondsinsamelingsveldtog van stapel gestuur om te help om die gesin weer op hul voete te kry.

André, sy vrou, en twee kinders het net met hul slaapklere voor die vlamme gevlug. Hulle het alles verloor. Hy is veral hartseer oor sentimele items wat in die puin verwoes is, en sy vuurwapens wat in die slag gebly het. Hy het om hulp geroep oor sy tweerigtingradio en hulp van die bure en ander boere het gou opgedaag, maar daar is niks van die huis oor nie. “Ons sal weer opbou. Ons moet. Die versekeringsagente is op pad van Johannesburg,” sê hy.

Die gesin het almal se hulp nodig en ‘n beroep is wyd op sosiale media gedeel. 

Skenkings kan afgegee word by Repcom, Knowlesstraat 19, Wilkoppies. André kort klere. Hy dra ‘n nommer 35 broek en XL-hemp en ‘n nr 12 skoen. Marelize dra ‘n nr 16 broek, XL toppie en ‘n nr 8 skoen. Thys dra ‘n nr 32 broek, “small” hemp en nr 11 skoen. Inge dra “xsmall of 13 tot 14 jaar klere en ‘n nr 6 skoen. Die kinders kort skoolklere vir Laerskool La Hoff, skooltasse en skryfbehoeftes. 

Die gesin benodig nie-bederfbare voedsel, beddegoed, kussings, komberse en kombuisware. Geskenkbewyse van klerewinkels en supermarkte sal baie help.