Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Hartbeesfontein - Die herinwyding van die NG Kerk Hartbeesfontein se pyporrel die afgelope naweek was ‘n onvergeetlike gebeurtenis.

Net meer as ‘n 100 liefhebbers van orrelmusiek het die geskiedkundige oomblik op Saterdagmiddag 5 Oktober bygewoon. 

 

 

Die NG Gemeente se pyporrel is vanjaar 42 jaar oud en was vir ‘n geruime tyd in onbruik. Werner Hurter het die pyporrel vanjaar onder hande geneem en vir die eerste keer sedert die orrel gebou is, noodsaaklike instandhoudingswerk gedoen.

Hy het aan gaste vertel dat dié indrukwekkende orrel bykans R15 miljoen sou kos as dit vandag gebou moes word. Hy het ook foto’s van die herstel- en skoonmaakproses gedeel en meer van sy passie vir die instrumente vertel.

Oud-Klerksdorper dr Isabelle van Rensburg wat internasionaal bekend is as orrelis, het na ‘n optrede van Johann Barnard (met fagot) en Annalize Pretorius (met tenoorsaksofoon) agter die orrel ingeskuif vir ‘n meesterlike vertoning wat nog nie in dié kerk gehoor is nie.

Tydens die vertoning het Isabelle verklap dat dit maar haar derde besoek aan Hartbeesfontein was en dat sy haar bestuurderslisensie op die dorp verwerf het.

Die pyporrel is een van baie min Barok-pyporrels in die Suidelike halfrond en Isabelle het ‘n keur van musiek gespeel deur gerekende komponiste. Die Tokkate en Fuga in d min van Johann Sebastian Bach was veral ‘n hoogtepunt. Isabelle is deur internasionale musiekmeesters onderrig en het ook internasionaal opgetree, meegeding en presteer. Sy bedryf tans haar eie orrel-, klavier- en musiek-akademie, is vise-voorsitter van SAKOV en orrelis van die NG Kerk Universiteits-oord, Pretoria. 

Na die opvoering is ‘n driegang aansit-ete bedien. Gemeentelede is tydens die erediens die volgende oggend bederf met ‘n uitvoering van Die Messias van Händel en Te Deum van Charpentier (met trompet begeleiding).