Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Issie Knox was ‘n statige dame en jy kon haar altyd deur ‘n ring trek.

So beskryf Jan Pretorius sy geliefde tante. Issie (81) het in Elmstraat, Flamwood gebly en sy het op Donderdag 15 Februarie aan rook inaseming gesterf. “’n Brand het in haar huis uitgebreek en haar slaapkamer is verwoes. Sy was nie in staat om my te bel nie, maar ons kan sien sy het probeer om uit die huis te kom. Die nooddienste het haar lyk by die agterdeur in die kombuis gekry. Sy het geen brandwonde gehad nie,” sê Pretorius.

 

Haar geliefde papegaai, Popeye, is ook deur die rook oorval en Jan het hom begrawe.

Issie was baie bekend in Klerksdorp en het jare by Hamilton’s Drankwinkel gewerk.

“Die tuinman wat inwoon, het my gebel en ek het die brandweer gebel. Hulle het die agterdeur oopgeskop om toegang tot die huis te kry,” vertel hy.

Issie het vir Jan gesê hoe sy haar begrafnis eendag wil hê soos wie haar sal begrawe, watter blomme by die diens moet wees en dat haar as langs haar man s’n in die gedenkmuur by die kerk geplaas moet word.

Haar diens vind om 12:00 op Vrydag 23 Februarie by die Morester gemeente langs die N12 plaas.