Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Skoolseun wat ‘n 26-jarige man wat voor sy motor ingeloop het, omgery en toe weggejaag het, het wel later na die ongelukstoneel teruggekeer.

Kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het gesê die 19-jarige jongman het saam met sy pa na die toneel op die hoek van Central- en Buffelsdoornweg teruggekeer. 

“Die polisiebeampte het sy besonderhede geneem en ‘n waarskuverklaring is reeds geneem. Sodra al die nodige verklarings van die beseerde man en ooggetuies geneem is, sal die dossier na die hof geneem word vir die staatsaanklaer om te besluit op vervolging,’’ het sy gesê.

 

Die voorval het net na 11:30 op Vrydag 16 Februarie gebeur. Volgens ooggetuies het die jongman wat ‘n silwer BMW bestuur het, oor ‘n groen verkeerslig gery toe ‘n man voor hom inloop. 

Een ooggetuie het aan Klerksdorp Rekord gesê die man bedel gereeld daar in die omgewing. “Hy het deur die lug getrek en bo-oor ‘n ander voertuig se dak geval,’’ het die getuie gesê. Die bestuurder van die BMW het nie gestop nie en aanhou ry. Ooggetuies het gesien dat hy skoolklere aanhet en nog motoriste het hom agternagesit.

“Hy het terug by die ongelukstoneel gewys dat hy ‘n geldige bestuurslisensie het. Die ondersoek duur voort,’’ het kol Myburgh gesê. 

Die beseerde man, wat glo van Kanana is, in die hospitaal opgeneem. Geen verdere inligting was oor hom beskikbaar nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van roekelose- en nalatige bestuur.