Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Ma en dogter het baie vrae oor die afsterwe van hul geliefde man en pa.

Odette en Michayla Lessing van Stilfontein se oë is rooi gehuil. Die hoekoms en waaroms teister hulle, en hulle lees oor en oor die briefies wat FJ vir hulle gelos het. Sy liggaam is vroeg op Maandag 12 Augustus met ‘n skietwond by die Klerksdorp begraafplaas gevind. 

 

 

 

Hy was een van die eienaars van Central Arms & Outdoor en is daardie oggend oudergewoonte werk toe. “Niks buitengewoon het gebeur nie. Ons het nog die naweek aan ‘n skietkompetisie in Bloemfontein deelgeneem en hy was in ‘n goeie bui, want sy span het goed gedoen. Ons was gelukkig. Daar was niks fout nie,’’ sê Odette.

Volgens kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, ondersoek die polisie ‘n geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van ‘n man onder ‘n boom gevind is. “‘n Vuurwapen is langs sy liggaam gevind en nooddienspersoneel het hom dood verklaar op die toneel. Geen gemene spel word vermoed nie.’’

Odette sak haar kop in haar hande. “Hy was my lewe, my liefde. Ek is verlore sonder FJ. Hy het my op sy hande gedra.’’ In die brief verseker hy haar weer en weer van sy liefde en skryf hy weet hy laat haar met baie vrae, maar dat sy moet aangaan met haar lewe. Die egpaar was baie geheg aan mekaar en is al 23 jaar deel van mekaar se lewe, waarvan hulle 15 jaar getroud is. FJ het verlede maand sy 42ste verjaardag gevier en die twee het nog gereeld liefdesbriewe aan mekaar geskryf. 

Michayla wat bekend is as model en ‘n voormalige Mej Klerksdorp Tiener was, sê haar pa het altyd alles vir haar gedoen. “Hy was ‘n harde werker, ek dink nie iemand het harder as hy gewerk nie. Ek het altyd gesê ek wil ‘n man soos my pa hê. Ek het baie seuntjiegoed saam met hom gedoen, tot saam met hom gejag. Ek het net nie rugby gespeel nie,’’ glimlag sy.

Albei beskryf FJ as ‘n lojale mens met ‘n groot vriendekring. Gewild onder sy vriende. “Hy het nooit sleg gepraat van mense nie en het altyd uit sy pad gegaan om sy kliënte te help. Ons is verpletter,’’ sê Odette.

FJ se lewensvieringsdiens vind om 12:00 op Saterdag 17 Augustus by Oasegemeente, Klerksdorp plaas. Hy word op sy versoek veras. Verversings sal na die diens by die Morester kerksaal bedien word.