Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Een van die stad se mees bekende sakemanne is verlede naweek aan kanker oorlede.

Jimmy Joubert (82) is om 13:20 op Saterdag 10 Augustus na ‘n lang siekbed oorlede. Hy het by die huis gesterf waar sy vrou, Aletta hom die laaste 18 maande versorg het.

Sy vertel dat hy nie weer homself was na ‘n traumatiese gebeurtenis by hul huis in 2022. “Hy het kanker ontwikkel na ‘n rooftog by ons huis. Die gewapende rowers was in ons kamer. Die skok daarvan het kanker veroorsaak. Dit was in sy prostaat, blaas en bene.” 

 

 


Jimmy was bekend as sakeman en was die eienaar van Minroc Mining en Minroc Begrafnisdienste. Dit was vir hulle gesin belangrik om Jimmy se laaste wense waar te maak. “Hy wou weer see toe gaan en plaas toe. Hy wou ‘n mango pluk en onder die boom sit en eet, en dit het ons gedoen,” vertel sy.

Aletta beskryf haar man van 24 jaar as ‘n sakeman, boer, vlieënier en iemand wat vir die vyf vroue in sy lewe geleef het. “Dis ek en ons vier dogters, Chrystal Leigh, Gerdi, Elmari en Anneri. Hy het alles vir ons gedoen, ons gaan hom so mis.’’ Hul jongste dogter trou volgende maand. Hulle het 7 kleinkinders.

Jimmy se begrafnisdiens vind om 12:00 op Saterdag 17 Augustus by NG Doringkruin plaas.