Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die ortotis van Klerksdorp wat vroeër vandeesmaand bebloed in sy tuin aangetref is, is steeds in die intensiewe sorgeenheid van ‘n plaaslike hospitaal.
Die vermoede bestaan dat Johan Faber (53) op 5 Mei aangerand is. Volgens die polisie het sy vrou haar beseerde man in hul tuin gevind toe sy by die huis kom.
Klerksdorp Rekord het verneem dat hy steeds in ‘n geïnduseerde koma is. Sy toestand is steeds kritiek.
Die polisie het bevestig dat ‘n saak van poging tot moord ondersoek word.
Sakeman nog in hospitaal
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode