Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die kelner wat verlede week nog in die hospitaal was nadat hy by sy eksmeisie se woonplek aangerand is, is uit die hospitaal ontslaan en sterk aan by sy pa in Rustenburg.

Michael Deysel is glo nog baie deurmekaar na die voorval en vrese bestaan dat hy moontlik breinskade opgedoen het. Hy is na bewering deur sy eksmeisie, wat swanger is met sy kind, se nuwe kêrel aangerand op 17 Mei. 

 

Die geveg het skuins voor middernag op Saterdag 17 Mei by Rentia Hof in Wilkeville gebeur. 

Volgens kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, is hy opgeneem in die hospitaal met ‘n gat in sy kop en bloeding op die brein. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord. Volgens ‘n ooggetuie het hy ‘n harde slag gehoor wat soos ‘n skoot geklink het. 

Klerksdorp Rekord het betroubaar verneem dat die moontlikheid ondersoek word dat Deysel met iets soos ‘n gaspistool geskiet is.

Die ondersoekbeampte, adj-off Fred Leach, doen ‘n beroep op ooggetuies om die polisie by te staan in die ondersoek. Skakel hom by 082 416 0817 met inligting.

Teen druktyd is niemand nog in hegtenis geneem nie.