Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - ‘n Grypdief wat selfone van niksvermoedende inwoners steel, is bedrywig op Stilfontein.

Volgens adj-off Naas Venter van die dorp se polisie is twee selfone op 12 Augustus omstreeks 12:30 gegryp terwyl ‘n vrou voor haar huis gesit het. 

Die man het haar genader, en toe laat spaander nadat hy albei fone gegryp het.

Volgens Venter het die grypdief in ‘n onbekende voertuig gespring wat daar naby geparkeer was. “Dit is ‘n gereelde misdaad wat in Stilfontein plaasvind, en is baie meer georganiseerd is wat mens dink,” het hy gesê.

Hy doen ‘n beroep op inwoners om meer waaksaam te wees en nie met vreemdelinge te praat nie.

Kontak Venter indien jy enige inligting het by 060 987 8458/018 484 7638.