Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Klerksdorp Rekord het onlangs drie sketse geplaas van mense wat hulle op Stilfontein as voornemende huiskopers voordoen.

Hulle besteel dan die inwoners. In een geval is ‘n dame van juwele besteel wat sowat R65 000 werd is. Dié drie is steeds op vrye voet en het waarskynlik weer toegeslaan. 

 

 

Adj-off Naas Venter het verskeie oproepe van mense gekry wat op soortgelyke wyse ingedoen is. “Ek het verskeie oproepe van mense in Klerksdorp gekry wat so besteel is. Ek het geen inligting oor die verdagtes nie, want hulle gebruik elke keer ‘n ander voertuig en ek het nie registrasienommers nie. 

Hy waarsku. “Moet niemand in jou huis toelaat wat jou huis wil koop as jou huis nie in die mark is nie. As hy in die mark is, moet die eiendomsagent teenwoordig wees. Die verdagtes kom baie ernstig voor asof hulle rêrig die huis wil koop, maak beloftes voor eienaars en vertel wat hulle beplan om met die huis te doen en selfs dat hulle bereid is om ekstra te betaal soos ornamente.”

Skakel Venter by 060 987 8458/018 484 7638 indien jy ook so ingedoen is.