Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Gesinsuitstappie langs die viswaters die afgelope naweek het tragies geëindig vir ‘n gesin van Klerksdorp.

Twee mans is dood toe die motor waarin hulle onderweg was huis toe van ‘n hengel-uitstappie Sondagmiddag 25 Augustus verskeie kere omgeslaan het. Conraad van Zyl (43), sy sestienjarige dogter, en ‘n huisvriend, André Nel (43) is aldrie uit die motor geslinger. Die dogter het die ongeluk wonderbaarlik oorleef met skrape en kneusplekke.

 

 

Conraad het as ‘n motorwerktuigkundige gewerk en was geliefd onder sy kollegas wat hom Apie genoem het, omdat hy so rats op hy hyskrane geklim het as hy dit gediens het, vertel Andrea, sy vrou. Die egpaar was 18 jaar getroud. 

Sy het die ongeluk voor haar sien gebeur, want sy het in ‘n ander motor agter die mans gery. Dit was op die pad tussen Vaal Reefs en Klerksdorp. “Dit het gelyk of hy om ‘n draai beheer verloor oor die kar. Alles het so vinnig gebeur. Ek het gestop en in die veld in gehardloop en eers vir André gesien en toe hoor ek my dogter skree ‘waar is my pa’. Ek is toe dadelik na haar toe om te kyk of sy okay is. ‘n Man wat ook by die ongelukstoneel gestop het, het my gesê Conraad lê aan die anderkant van die kar en dat hy dit nie gemaak het nie. Hy wou nie hê ek moet na hom gaan kyk nie.’’

Andrea beskryf haar man as ‘n “amazing mens wat gelewe het vir my en sy kids’’. 

Sy is platgeslaan en weet nie hoe om te aanvaar dat haar man nie meer daar is nie. Die egpaar het drie dogters. “Hy was altyd die eerste een om te help as iemand iets kort. En kon altyd plan maak vir alles en elke situasie hanteer. Hy het nie ‘n groot vriendekring gehad nie, maar die wat hy gehad het was soos sy broers gewees.’’

André wat saam met Conraad gewerk het, het die afgelope paar maande by die Van Zyls geloseer. Geen verdere inligting is oor hom bekend nie.

Conraad se roudiens word op Maandag 2 September om 12:00 in die Morestergemeente gehou.