Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Danie Jacobs

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Die polisie ondersoek ‘n moord nadat ‘n oudpolisieman in die hospitaal dood is weens beserings nadat hy glo deur ‘n familielid aangerand is.

Hugo Lambrechts se seun, André, het aan Klerksdorp Rekord gesê sy pa is doodgeslaan. Kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n moordsaak ondersoek word. Lambrechts (53) is op 15 September met ernstige breinbeserings in die Life Anncron Hospitaal opgeneem. Daar was glo ‘n bakleiery by sy huis in Rietstraat met ‘n familielid.

 

 

 

“My pa het nooit sy bewussyn herwin nie. Hy het ‘n breinoperasie gehad en is op 29 September oorlede,’’ het André gesê wat die saak by die polisie gemaak het, omdat sy “nuwe familie’’ glo nie met die polisie wou praat nie.

André het op Woensdag 9 Oktober met Klerksdorp Rekord gepraat, net voor sy pa se begrafnis later dieselfde dag. “Daar is so baie vrae, omdat niemand weet wat presies gebeur het nie. Ek het eers gehoor hy is gemug en toe dat hy aangerand is deur sy meisie se familie. My pa is ‘n eks-polisieman en hy was stewig. Hy kon homself verdedig. Wie dit gedoen het moet boet.” 

Hy het sy pa se verhouding met sy vriendin as stormagtig beskryf en vertel dat hulle hard kon kuier. Hy het ook al glo haar seun voor die bors gegryp omdat hy nie respek toon nie.

Klerksdorp Rekord het oproepe van Hugo se vriende ontvang wat ook wil weet wat met hom gebeur het. 

Kol Myburgh het gesê die moord word ondersoek.