Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Daar is nog steeds geen spoor van ‘n skofbaas wat nie van sy skof ondergrond by CAOM se Tau Goudmyn (tienskag) teruggekeer het nie.
Klerksdorp Rekord het Woensdagoggend 7 Mei op Facebook ‘n brief gesien waarin Warren Freeman, algemene bestuurder, ‘n beloning van R100 000 aanbied vir inligting oor waar die vermiste Elvis Vers van Orkney hom bevind.
Klerksdorp Rekord kon nie die egtheid van die brief of die beloning bevestig nie, maar het wel bevestig dat Vers wat as skofbaas werk, sedert Vrydag 2 Mei soek is. Hy is ondergrond saam met sy skof, maar daar was geen teken van hom toe hulle na die oppervlak terugkeer nie.
Sy vrou, Anna, en suster, wou nie met Klerksdorp Rekord praat nie en het gesê dit is te sensitief. Klerksdorp Rekord kon wel uitvind dat die polisie sy verdwyning ondersoek. ‘n Soektog waarin bloedhonde gebruik is, het nog niks opgelewer nie.