Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Danie Jacobs

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Klerksdorp kon nog altyd spog met puik skole, hospitale en ‘n sentrale ligging wat nie te versmaai is nie. Talle multi-miljoen rand ontwikkelings die laaste jaar wys egter die stad is nog lank nie sterwend nie.

Klerksdorp is goed geleë met Johannesburg, Rustenburg en Mahikeng binne ‘n radius van 170 km vanaf Klerksdorp en die N12-roete wat deur die stad loop word goed onderhou. Reisigers reis vanaf Gauteng deur die stad na die kaapse provinsies en selfs tot in Namibië.  

Makelaars en sakelui sien ook die nuwe geboue wat verrys en meen daar is rede vir Klerksdorpers om te glimlag oor die skielike groei inspuiting.
“Dit wys dat Klerksdorp nie sterwend is nie; dit wys dat die stad lewe en groei en as jy syfers vergelyk met ander stede dan is Klerksdorp in ‘n baie goeie posisie,”sê George Foley, plaaslike makelaar.

Hy is veral beïndruk met Nissan se belegging in Klerksdorp, Marsh se pragtige gebou in Wilkoppies en die nuwe luukse Oryx boetiekhotel wat in Flamwood verrys het. Ook die spoggerige gebou van Klerksdorp Tyres in Yusuf Dadoostraat wys hoe die sakefokus weg van die middestad geskuif het. “Daar is nuwe ontwikkelings van meer as R500 miljoen in Klerksdorp. Die Ashton John’s privaatskool brei nog uit en daar is sprake van nog ‘n hoërskool wat gebou gaan word. Ek weet ook van sowat 300 nuwe huise wat gebou gaan word. Die huurmark vir eiendomme is baie aktief,” vertel Foley.

Johan Oosthuizen, voorsitter van die Matlosana Sakekamer, sê hy probeer ook eerder verby die riool en slaggate kyk en fokus op die positiewe. “Hier kom verskeie nuwe sonplase in die omgewing, die NWU se mediese fakulteit gaan die plaaslike hospitale gebruik en dan weet ek van ‘n nuwe smart city wat naby die JA Neserdam beplan word wat bykans R10 miljard kos. Die goeie nuus het ook die stof opgeskop, want die planne om die PC Pelser-lughawe te omskep in ‘n vragsentrum het ook weer lewe gekry. Die pad vanaf die lughawe sal net moet verbeter,” vertel hy.

Hy kan nie net een rede uitsonder vir dié oplewing nie, maar dink die stad se sentrale ligging en goeie infrastruktuur is die redes. “Ek gee nie om wie ontwikkel nie. Hulle moet dit net goed doen, want as die getye styg, dan rys al die bootjies.”