Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Byna twee miljoen strafsake is sedert 2018/19 nie aangehoor of afgehandel nie weens gebrekkige dossiere.

Dit het aan die lig gekom nadat dr Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, hieroor ‘n vraag in die parlement aan die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola gevra het. 

Volgens hom is die dossiere terugverwys na die betrokke speurders met spesifieke aanwysings vir verdere ondersoekwerk aangesien aanklaers weet dat hulle nie sukses kan behaal met swak dossiere nie.

Hiermee saam het die nasionale polisiekommissaris, genl Fannie Masemola, einde verlede jaar aan die polisie se parlementêre portefeuljekomitee onthul dat die polisie sedert 2016 altesame 8 400 speurders verloor het.

Dit dui op diepliggende probleme in die Suid-Afrikaanse Polisie se speurdiens wat besig is om die strafregstelsel lam te lê,’’ het dr Groenewald gesê.

Die aantal speurders het van 26 000 in 2016/17 afgeneem tot slegs 17 600 in Oktober 2023. “Wat die situasie vererger, is dat baie van die speurders wat verlore gaan, gesoute en ervare polisielede is wat met pensioen aftree of na die private sektor gelok word. “Hulpmiddels soos voertuie raak ook jaar na jaar skaarser met meer as ʼn kwart van die voertuie in sommige provinsies wat aan speurders toegewys is, wat onbruikbaar is. Hierdie syfers skep die volle omvang van die ernstige krisis in die land se polisie en speurdiens. Dit het ʼn direkte nadelige effek op die totale strafregstelsel.’’

Groenewald het bygevoeg dat misdaad in die land buite beheer is, en verwys na die moordsyfer. 

“Ses jaar gelede was dit 34 per 100 000 van die bevolking. In 2022 het dit gestyg tot 36,5 en tans staan dit op 45, die tweede hoogste ter wêreld.’’

Volgens hom moet daar dringend meer speurders aangestel word en moet moeite gedoen word om ervare lede na die polisie terug te lok.