Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Danie Jacobs

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Groot ontwikkeling ter waarde van miljoene Rand vind in die stad plaas met ‘n nuwe inkopie-sentrum wat gebou word en ‘n bestaande sentrum wat dalk vergroot gaan word.  
 
Lesers het Klerksdorp Rekord genader om uit te vind wat in Buffelsdoornweg regoor Flamwood Landgoed en die Heuvelzicht kantoorpark gebou word. Stootskrapers het verlede week inbeweeg. 

Hoewel Klerksdorp Rekord dit nie amptelik kon bevestig nie, is van betroubare bronne verneem dat dit The Village, wat reeds twintig jaar in beplanning is, wat besig is om te verrys en konstruksie het op Donderdag 7 Maart begin. Die omgewingsimpakstudie is afgehandel en teen Oktober behoort  daar ‘n nuwe inkopiesentrum te wees.

Volgens ‘n ingeligte bron wat naamloos wil bly, sal ‘n nuwe generasie Checkers-supermark, deel van die nuwe FreshX-reeks supermarkte, die ankerwinkel wees by The Village met Clicks as ‘n ander belangrike huurder. Die sentrum behoort aan die Resilientgroep wat sentrums soos Mahikeng Mall in NW, Mams Mall en The Grove Mall in Gauteng asook sentrums in Limpopo en Mpumalanga besit. The Galleria in Amanzimtoti is ook een van hul sentrums. Resilient is genader vir kommentaar, maar het teen druktyd nog nie gereageer nie. Dit is wel bekend dat die plaaslike firma MDCC aangestel is as strukturele ingenieurs. 

Klerksdorp Rekord het ook gehoor dat die Checkers in Matlosana Mall vergroot gaan word. Die nuwe winkel sal meer as drie keer groter wees as die huidige supermark wat uitgebreide bouwerk sal vereis. Die finale handtekening om dit te bekragtig, behoort glo vandeesweek plaas te vind. Teen druktyd is dit nog nie bevestig nie. Dit word ook beoog om teen Oktober voltooi te wees.

Klerksdorpers het met gemengde gevoelens op die nuus gereageer en hulself op sosiale media daaroor uitgelaat. Veral inwoners aan die suidelike kant van Klerksdorp wat Neserhof, Ellaton en Roosheuwel insluit, is bekommerd oor hoe die verwikkelinge die bestaande Checkers Hyper winkel gaan raak, omdat daar sprake is dat die winkel na Matlosana Mall kan skuif. Hou Klerksdorp Rekord dop vir meer inligting hieroor later.